Kan jy glo Peugeot is 212 jaar oud? Die maatskappy was oorspronklik ’n staalsmeltery op die Franse dorpie Sochaux, en sy eerste ryding dateer uit 1889.
Die Peugeot-familie het tot betreklik onlangs toe die sweep geklap, maar vandag is die maatskappy deel van die Stellantis-groep wat onder meer ook Fiat, Jeep, Chrysler en Opel besit.
Soos talle motormaatskappye smee Stellantis bande met sy mededingers om vervaardigingskostes laag te hou.