Quantum Leisure het raakgevat in die plaaslike mark,en ná skaars ’n jaar se besigheid moet dié vervaardiger skarrel om by te hou met die aanvraag.
Wanneer jy Quantum se waens van nader bekyk, verstaan jy hoekom. Die vakmanskap is uit die boonste rak.
Die sterkste eienskap van Quantum se produkte is die afwerking van die romp se buitenste laag. In teenstelling met die gebruiklike aluminium, gebruik Jurie Pienaar, die man agter die wenresep, veselglas – iets wat ook in Europa die tendens is.