Die nuwe Ford Ranger se internasionale bekendstelling was op 5 Desember 2022 naby Kaapstad, en die jongste Volkswagen Amarok s’n net ’n week later, ook in die Kaap.
Albei gebruik Ford se T6.2-platform – ’n verwerking van die T6 wat sedert 2011 diens doen. Dis makliker om die verskille tussen die Ranger en Amarok te bespreek as die ooreenkomste.
Wat die bakwerk betref, het die Amarok duideliker “modderskerms” as die Ranger. Die vooraansig verskil selfs meer, veral by die sierrooster en enjinkap, maar wanneer jy die bakkies van agter af bekyk, lyk hulle taamlik eenders.