As jy oud genoeg is om die Peugeot 404 te onthou – veral die bakkieweergawe (soos op die foto onder) – sal jy dalk saamstem dat dit ’n lekker ryding was met ’n reputasie vir ’n gemaklike rit.
Peugeot het ’n ingewikkelde geskiedenis in Suid-Afrika, en Landtrek is die eerste bakkie van dié Franse voertuigvervaardiger in byna veertig jaar.
Ons het in die vorige uitgawe van Ry & Sleep geskryf oor sy Chinese herkoms – in dié land word hy verkoop as die Kaicene F70.