book-icon Uitgawe April 2018

Lesers se rygoed: Salig agter die stuur

akkreditasie

Hy het sy Ranger se sagteware effens opgegradeer en nou spog sy bakkie met 165 kW krag en ’n massiewe 581 Nm wringkrag, sê Andre van Heerden van Kaapstad.

"Ek het twee jaar met ’n 2012-model Mazda BT-50 met dieselfde 3,2 l-enjin as my Ranger s’n gery, maar ek was nie mal oor die handratkas nie. Ek het begin rondkyk vir ’n gepaste bakkie met ’n outomatiese ratkas.

Ek het iets gesoek wat maklik kan sleep en steeds vir ’n gemaklike rit sorg. Ek het die Toyota Hilux en Mitsubishi Triton oorweeg, maar het uiteindelik op die Ranger besluit. Dit was in 2015 en ek het hom splinternuut gekoop. Ek kan eenvoudig nie fout vind met die bakkie nie. Ek het hom wel toegerus vir veldry met glystawe, EFS Nitro-vering, ’n pensplaat en ’n tweerigtingradio.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan