Die Nissan Navara se eerste weergawe het ’n mens diep beïndruk, maar dit voel tog of die laaste modelle met sy meer beskeie voorkoms effens fut verloor het.
Ons het die splinternuwe Navara vir ’n week as toetsvoertuig gehad, en meer as een mens langs die pad het gesê: “Lekker bakkie!”
Dit is inderdaad so: Dis asof Nissan met die aggressiewer voorkoms nuwe lewe in die Navara geblaas het.