Aandag, alle stappers – dis kompetisietyd!

akkreditasie

Het jy onlangs gaan stap? Ons wil graag tussen 6 en 20 Mei foto’s van Suid-Afrika se beste dagstaproetes hier op Instagram sien!

As jóú foto ons harte roer, staan jy ’n kans om een van TIEN R3 000-geskenkbewyse van @adventureincza en @ospreysouthafrica te wen! En, ons sal dit ook oorweeg om jou foto in Weg se Stapgids te publiseer wat hierdie winter verskyn.

Dít klink mos nou te goed om waar te wees? Maar dit is nie! Elke woord hiervan is die reine waarheid.

Hoe werk dit?

1 Wat moet die foto’s uitbeeld? Ons wil kan sién hoekom ’n spesifieke dagstaproete jou gunsteling is. Dit kan ’n mooi voetpad wees, ’n kosbare oomblik saam met jou stapmaats, padkos by ’n uitkykpunt… enigiets wat ons sal lus maak om nóú daar te wil wees! Die foto’s se oorspronklike weergawe moet 2MB of groter wees – ons gaan die 10 wenners se foto’s in vanjaar se Weg Stapgids publiseer!

2 Merk jou stapfoto met #AdventureIncOsprey wanneer jy dit op jou Instagram-profiel (nie in ’n “story” nie) laai. Sê in die byskriffie watter roete dit is, en hoekom jy daarvan hou. Jy kan soveel foto’s van verskeie roetes inskryf as wat jy wil – mits dit op ’n dagstaproete geneem is! Dit kan enige plek in Suider-Afrika geneem wees, en ou foto’s tel ook. Maar laai dit asseblief opnuut - moenie hashtags gaan voeg by foto’s wat al lankal op jou profiel is nie.

3 Tag vir @adventureincza en @ospreysouthafrica én @menseselense wanneer jy die foto laai. Die foto moet tussen 6 en 20 Mei 2022 gelaai word.

4 Belangrik Gaan volg ook vir @adventureincza en @ospreysouthafrica op Instagram. Onthou: Indien jou Instagram-profiel privaat is, maak dit tydelik openbaar, anders gaan ons dalk nie jou inskrywing sien nie. Moenie die inskrywings per DM (Direct Message) stuur nie.

Sluitingsdatum?

Die kompetisie sluit om middernag op Vrydag 20 Mei 2022. Die Weg-redaksie kies die wenners en dit word die daaropvolgende week aangekondig.