Aanlyn inkopies maklik met dié eenstop-winkel

akkreditasie
GEBORG: Verby is die dae van rondsoek op vier of vyf verskillende aanlyn winkels tegelyk, elk met verskillende pryse, afleweringsmetodes en groottes – GoShopping is ’n maklike, vinnige eenstop-winkel vir al jou behoeftes.

Omtrent almal doen deesdae hul inkopies aanlyn, maar voel jy nie soms asof die ervaring effens sy glans en gerief verloor nie? Jy vind ’n betroubare winkel . . . en die pryse is hemelhoog. Die prys op ’n ander webtuiste oortref al jou verwagtinge . . . maar jy wag maande dat jou bestelling afgelewer word (indien jy dit wel ontvang!).

GoShopping.co.za – SA se snelgroeiendste aanlyn afdelingswinkel – is hier om dit te verander. Hulle bied duisende produkte wat plaaslik in voorraad gehou word om die beste pryse en beskikbaarheid te verseker.

Die GoShopping-leuse is “Aanlyn Inkopies Maklik Gemaak”, een wat sy belofte gestand doen nog voordat jy jou eerste aankoop gemaak het: Die webtuiste is eenvoudig en pragtig uiteengesit, sodat jy altyd in beheer voel. Die proses self is ontwerp om so maklik en vinnig as moontlik te vind wat jy benodig en die aankoop af te handel. Indien jy ’n vraag oor ’n produk het, is hulle altyd gereed om jou te help en ’n persoonlike aanslag te verskaf. Selfs wanneer jy ’n spesiale versoek het, sal hulle uit hul pad gaan om jou te help en te kry wat jy nodig het.

Wanneer dit by produkte kom, ding GoShopping met die bestes mee. Hul maandelikse spesiale aanbiedings is ’n besondere hoogtepunt, met gereelde afslag van 50% of meer. Hulle het selfs verskeie eksklusiewe produkreekse – soos die onlangs ingevoerde PomaBrush – wat jy nêrens anders sal vind nie!

Aan die betaalkant en met die moeilike ekonomiese toestande in die land, bied GoShopping jou meer buigsame betalingsmetodes wanneer jy jou bestelling plaas, sonder om gerief in te boet. Buiten die gewone betalingsopsies, naamlik jou kredietkaart en EFT’s, het jy ook die opsie van rentevrye afbetalings. Die beste van alles? Jou bestelling word steeds dadelik afgehandel!

Om die lewe vir jou nog makliker te maak, lewer GoShopping jou bestelling direk per koerier by jou voordeur af. Jy het nie nodig om dit by ’n optelpunt te gaan afhaal nie, wat nog te sê na ’n fisieke winkel toe gaan. Jy betaal ook nie brandstofkoste nie, hulle doen dit. Hulle lewer selfs enige bestelling bo R2 500 gratis af!

So gou as wat jou bestelling verwerk is, ontvang jy jou opsporingsinligting, met gereelde opdaterings oor waar jou pakkie trek. Aflewering is ook vinnig, gewoonlik net 2-3 werksdae nadat jy jou bestelling geplaas het.

Laastens, die naverkope-diens is uitsonderlik. GoShopping is nie ’n maatskappy wat jou geld vat en jou sal laat wonder wat met jou bestelling gebeur het nie. Hulle behandel al hul klante as iemand met wie hulle ’n langtermynverhouding het en sal jou bystaan tot die einde as jy enige probleme ondervind. Uitstekende diens is deel van hul kern.

Wanneer jy dus volgende keer nuwe toebehore vir jou kombuis, ’n skootrekenaar vir jou werk of selfs ’n slaapsak vir daardie naweekuitstappie benodig, besoek GoShopping – en jy sal aangenaam verras wees!