Deel

Al wat jy dié Paasnaweek nodig het, is die Tuinroete

akkreditasie
Foto: verskaf.
Foto: verskaf.
Van kajakvaarte tot boomtoptoere, staptogte in die woud, sonskyndae op die strand en seevaarte in mariene bewareas, die Tuinroete het alles om jou kop weer skoon te maak.

Die langnaweke kom ál nader en wat almal nou nodig het, is ’n behoorlike blaaskans om die eise van die res van die jaar aan te pak. Die gewilde Tuinroete is ’n móét as jy in die Wes-Kaap is. Dis naby, bekostigbaar en bied wêreldklas-toerisme, insluitend eko-toerisme, soos nêrens anders nie.  

Die Tuinroete strek van Witsand in die Wes-Kaap al langs die kus op tot teen die grens van die Tsitsikamma by die Stormsrivier. Hier kan jy rustig deur die tydlose skoonheid van die roete toer, of jy kan oorslaap en die natuur ten volle ervaar. Die streek is ryk in geskiedenis, plantlewe, water en asemrowende landskappe, en die vreedsame atmosfeer sal jou help om weer te ontspan.

Besoekers kan op kajak- of kanovaarte gaan, rotsklim, visvang, voëls kyk, piekniek hou, walvisse kyk, perdry, stap en bergklim. Vanweë die groot verskeidenheid habitatte in die streek is veral die voëllewe volop. Jy sal kan soek na voëls wat nesskop in die woud, soos die Knysnaspeg en die bekende Knysnaloerie, sowel as see- en watervoëls, soos visvangers, reiers, waterhoenders en strandlopertjies, asook kwesbare spesies soos die Swarttobie en die Witkruisvleivalk. Met so baie om te sien, is ’n nag of wat se verblyf in een van Cape Nature se reservate hoogs aan te beveel.  

Cape Nature

CapeNature se reservate op die Tuinroete sluit in:

  • Die Goukamma-natuurreservaat tussen Sedgefield en Knysna beslaan 2 500 hektaar digte strandwoud en spog met ’n ECO-sertifisering van Ecotourism Australia. Dit is ook ’n beskermde mariene gebied en is as ’n Wêreld-erfenisgebied geklassifiseer. 
  • Die Keurboomsrivier-natuurreservaat is ook ’n Wêreld-erfenisgebied. Dis naby Plettenbergbaai en die Keurboomsrivier vloei daardeur, waar jy die dag in ‘n kajak of kano kan bestee.
  • Die Outeniqua-natuurreservaat lê naby aan George en het vyf ongelooflike bergpasse en meer as 38 000 hektaar se bergreekse. Dit is ’n belewenis om hier te stap en berg te klim in ’n biodiverse omgewing met pragtige uitsigte, voëls en ’n verskeidenheid fauna en flora.
  • Die Robberg-natuurreservaat is nóg ’n Wêreld-erfenisgebied geleë teenaan Knysna en om hier rond te ry en te stap sal jou laat voel asof jy  eintlik op ’n eksotiese eiland is. Dis fantasties vir walviskyk, stap en voëlkyk. Jy sal daar rotse vind wat tot 120 miljoen jaar oud is, asook argeologiese terreine in die grotte al langs die skiereiland.  

Die reservate bied ’n opvoedkundige belewenis en die geleentheid om jouself weer te vind. Die kos, mense en die ongelooflike ervarings in die streek sal jou huistoe stuur met herinneringe wat ’n leeftyd sal hou.  

Kyk meer hier  en hier en sien hier wat die omgewing jou aanbied.

Klik hier om ’n bespreking by een van CapeNature se reservate te maak.