Allesverloren se aanlynkosmaakprogram wys mans kán kook

akkreditasie
GEBORG: Sit ’n glas lekker Swartlandwyn saam met twee mans wat hou van kuier in ’n kombuis en jy sal sien hoe kreatief die kos-en-wyn-kombinasies raak!

Allesverloren (die oudste wynlandgoed in die Swartland-wyndistrik) gaan saam met vyfde generasie wynmaker en keldermeester Danie Malan, en Fritz Brand, wat die blog "Real Men Can Cook" skryf, ’n reeks insiggewende en vermaaklike kosmaakvideo’s produseer.

Die punt is om te bewys dat ‘regte mans’ wel kan kook… heerlike kos! 

Die interaktiewe kosmaaksessies, Cook with Danie and Fritz, sal die oorsprong van Allesverloren se vlagskipwyne bespreek, en sal wenke en leiding gee om smullekker disse te maak wat perfek pas by die landgoed se wyne – van voor- tot nagereg.  

Van die resepte wat jy saam met Danie en Fritz kan probeer, sluit in: Springbokcarpaccio met Melba-roosterbrood en parmesaan, ribsteak met peperwortel-kapokaartappels, heuningwortels en crème brûlée.

Hierdie gewilde staatmakers  sal perfek wees om met jou vriende en familie te deel. Dis eenvoudige disse, tog propvol smaak, en elkeen gaan voorgesit word met van Allesverloren se mees ikoniese wyne. 

Met ’n erfenis wat tot 1704 dateer, belowe Allesverloren se wyn diepte, karakter en verouderingspotensiaal.

Danie Malan, die vyfde generasie Malan-keldermeester en eienaar van Allesverloren, het ’n nalatenskap wat diep gewortel is in Suid-Afrikaanse tradisie en word hooggeag in die wynbedryf vir sy praktiese benadering tot boerdery.  

Danie sê: “Ná ons suksevolle samewerking met Edu Hanekom van The Boer and Butcher ’n paar maande gelede, is ons opgewonde om nog ’n reeks smaakvolle resepte te deel wat die perfekte wyn-en-koskombinasies sal maak. Dit was ’n absolute voorreg en plesier om met Fritz kos te maak in hierdie reeks video’s. Sy benadering is in lyn met ons filosofie rondom wynmaak: prakties, lekker en gemaklik!" 

Danie Malan

Fritz Brand is ’n kombuis-, braai-, en resep-entoesias en het onverwagte sukses behaal met sy blog.

Fritz het "Real Men Can Cook" begin nadat hy al hoe meer begin kosmaak het. Hy wou ’n manier vind om sy vordering te deel en sodoende ander te help om hulle vaardighede te verbeter.

Sy doel is om tegnieke, toerusting, vaardighede en resepte te deel met stap-vir-stap- instruksies, eenvoudige taal en gedetailleerde foto’s om te wys dat kosmaak maklik en pret kan wees.   

"Dit was ’n absolute voorreg en plesier om met Fritz kos te maak in hierdie reeks video’s."
Danie Malan

Fritz sê: “Dit was so lekker om deel te wees van hierdie projek. Ons het fantastiese disse vir die reeks gemaak, en dit gaan perfek gepaard saam met die gehaltewyne wat Danie, die wynmaker Wilhelm de Vries en die res van die Allesverloren-span maak. Dit wys ook hoe passievol die span is oor die Swartland-wynlandgoed en sy tradisies, en dit kom duidelik oor in die reeks video’s – in die mees subtiele en vermaaklike maniere. Dit was ’n wonderlike manier om ons almal se passie vir lekker kos, geselskap en goeie wyn te deel.”   

Die Cook with Danie and Fritz-videoreeks sal op die Allesverloren-webwerf en sosiale media gedeel word. Gaan na www.allesverloren.co.za of praat saam op Facebook!