Maar nou is daar ’n nuwe trein om te oorweeg: Die Diaz Express vertrek hoofsaaklik uit Hartenbos.
Die spoorlyn loop oor brûe en deur tonnels – groot opwinding vir kinders! – met ’n uitsig oor die Indiese Oseaan. Die helderblou Wickham-waens (in 1965 ingevoer uit Engeland) het juis daarom reg rondom vensters – sodat passasiers die kuslyn en omgewing kan bewonder.
Daar is verskeie stilhouplekke langs die roete (Seeplaas, Groot-Brakrivier en Maalgate) waar ’n mens kan afklim om ’n bietjie rond te kyk of iets te ete te kry.