book-icon Uitgawe Januarie 2019

Barrydale se dubbele hulp

akkreditasie
Die Mosterts
Die Mosterts

Volgende op ons lys is die eetplek Diesel & Crème. Ons swenk links om voor die eetplek te parkeer en ons vriende – wat saam met ons toer – wys met handgebare ons moet dadelik stilhou. Ek kan op hulle gesig sien hier’s groot fout. My vermoedens is in die kol. Ons sleep ’n Camp Master-waentjie met ’n daktent op, en dié tent hang sommer so skeef oor die waentjie. Die raamwerk waar die tent aan die waentjie se deksel vasbout, het halfpad losgeskeur. Dit moet wees as gevolg van die rowwe grondpaaie en die geskud.

Vir ’n oomblik dink ek ons toer het nou tot ’n einde gekom. Hier sit ons met ons hande in die hare, nogal op ’n Saterdag. Maar my man, Marius, en ons vriend Nandes Erasmus gooi nie sommer die handdoek in nie. Nandes gaan klop by die dorp se hotel aan om te hoor of hulle van iemand weet wat kan sweis, en Marius loer met dieselfde missie by Diesel & Crème in.

En sowaar, tussen die twee aanklopplekke kry ons twéé sweisers in die hande. Hennie Witbooi en Dillon Fradie gaan sommer saam-saam ons waentjie herstel. Nadat hulle die skade ondersoek, ry hulle om die nodige gereedskap te gaan haal.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan