book-icon Uitgawe Oktober 2019

Briewe: Oktober 2019

akkreditasie

Ek het die artikel “Die Karoo kom lê in jou hart” in Weg #178 vreeslik geniet. Sestig jaar gelede het ek en my pêl Dennis Buys (ek en Dennis is al vriende van sub B af) ook deur die Karoo getoer op ’n motorfiets. In 1956 was ek ’n deeltydse rekenmeesterstudent aan die Howard College in Durban (nou die Universiteit van KwaZulu-Natal) en Dennis ’n “appy mechanic”. Ons het besluit om oor Bloemfontein, waar my tannie Anna van Tonder gebly het, Kaap toe te ry vir ’n vakansie.

Ons rit het dramaties begin. Dit motreën in Durban en by die Berea-afrit gly die ysterperd onder ons uit en ons slaan neer! Gelukkig was daar geen skade nie en kon ons verder ry. Ek het vir my pa ’n telegram gestuur: “Afgeval, seergekry, opgeklim, weer gery.” Hy was nie beïndruk nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan