Bush Lapa het in 2010 sy eerste boswoonwaens op Worcester gebou en vier jaar later na sy volgende perseel in Alkmaarstraat in die Paarl geskuif. Teen Maart 2021 is ’n tweede perseel in die Paarl bekom en aanbouings het gevolg.
Die besigheid sou dan stelselmatig oorskuif na die nuwe terrein. Die vertoonlokaal was teen Junie gereed en die dienssentrum het in November oorgeskuif. Die finale trek was in Februarie vanjaar toe die produksielyn in werking getree het.
Teen 2017 het Bush Lapa reeds 1 000 eenhede gebou, teen 2019 altesame 2 000, en tans staan hulle op 3 000.