book-icon Uitgawe Oktober-November 2022

Bushwakka bou ’n abbawa

akkreditasie

Die boswoonwavervaardiger Bushwakka het pas sy eerste abbawa gebou. Die Kamelback is gegrond op die maatskappy se Sundowner Classic-woonwa wat op die onderstel van ’n Toyota Land Cruiser 79 (enkelkajuit) pas. (Terloops, “Kamel” is Arabies vir “die perfekte een”.)

Die Kamelback het dus dieselfde buitekombuis aan die linkerkant en uitslaanbed regs. Jy klim ook in aan die agterkant, maar die Kamelback spog met ’n nuutontwerpte trap. Die trap is die opvou-skêrsoort en werk soos ’n bom. (Dit sal voortaan op al Bushwakka se kampwaens gebruik word.)

Die dak lig met ’n Z-­raam. Soos jy inklim, is daar ’n tafelblad wat links kan opslaan en drie ruim toesluitkaste teenaan die rugkant van die kajuit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan