CapeNature bied 40% afslag hierdie Swart Vrydag!

akkreditasie
GEBORG: Eindig die jaar op ’n hoë noot in die natuur met CapeNature se 2021 Swart Vrydag- en Kubermaandag-aanbiedinge.

Met ’n diverse verskeidenheid ervarings in die ongerepte natuur, bied CapeNature se natuurreservate iets vir elkeen. Besoekers kan nou gebruik maak van die 40% afslag as jy op Swart Vrydag by uitsoek-natuurreservate en -kampeerterreine bespreek.

Geniet ook spesiale afslag op korporatiewe besprekings by eko-konferensiegeriewe.

Waarvoor wag jy? Bespreek ’n geselligheid, beplan ’n gesinsvakansie, vat ’n blaaskans van ’n spanningsvolle jaar in een van CapeNature se gesogte reservate.  

Registreer jou aanlyn profiel voor Donderdag 25 November by booking.capenature.co.za en jy is gereed om van hierdie spesiale aanbiedinge gebruik te maak. Vir korporatiewe besprekings, kontak ’n agent per e-pos by reservation.alert@capenature.co.za of skakel 087 087 8250.

CapeNature se Swart Vrydag- en Kubermaandag-aanbiedinge is beskikbaar van middernag op 25 November 2021 en 28 November 2021. Die afslag is slegs geldig vir besprekings tussen 15 Januarie en 31 Maart 2022.

Bepalings en voorwaardes:

  • Registreer aanlyn om ’n besprekingsprofiel te skep om te verseker jy kry die beste opsies. Klik hier vir aanwysings.
  • Die Swart Vrydag- en Kubermaandag-promosies is geldig vir 24 uur op Vrydag 26 November 2021 en Maandag 29 November 2021.  
  • Kry nou jou 40% afslag eksklusief deur CapeNature se aanlyn besprekingsportaal.
  • Alle besprekings en betalings moet op die dag van die promosie gedoen word.
  • Die 40% afslag is net van toepassing op selfsorgverblyf, kamp en konferensiegeriewe in uitgesoekte CapeNature-reservate.
  • Die 40% afslag is net van toepassing op verblyf, nie die bewaringsheffing nie.
  • Die afslag is geldig vir besprekings tussen 15 Januarie 2022 en 31 Maart 2022. Besprekings kan nie oorgedra word na ’n later datum nie.
  • Indien jy jou huidige bespreking wil kanselleer om van die 40% afslag gebruik te maak, moet jy die standaardprosedure vir kansellasie volg.
  • Alle afslag en promosies is onderhewig aan beskikbaarheid (volgens die beginsel van die persoon wat eerste bespreek en betaal).
  • Die promosie sluit nie besprekings gedurende skoolvakansies en langnaweke in nie.
  • Alle konsessieprodukte, Grootvadersbosch se nuwe glanskamp-eenhede, die Walvisroete en die Kogelberg-natuurreservaat se Mbali-verblyf, is uitgesluit van die promosie.
  • Hierdie promosie kan nie saam met ’n ander afslagaanbod of promosie gebruik word nie.
  • Jy kan hier gaan kyk na Cape Nature se reservate: booking.capenature.co.za. Besoekers moet asseblief die standaardbepalings en -voorwaardes nagaan voor hulle hul vakansie beplan.

Klik hier vir nog inligting oor die Swart Vrydag- en Kubermaandag-promosies.  

CapeNature – Bewaar, Verken, Ervaar.

*Alle konsessieprodukte, Grootvadersbosch se nuwe glanskamp-eenhede en die Walvisroete is uitgesluit van die promosie.