Die 10de Bull Run skop stof op in die Noord-Kaap!

akkreditasie
In Oktober vanjaar was ons weer in Vanwyksvlei vir die Ry & Sleep Bull Run. Dit was die tiende keer dat ons dié ikoniese byeenkoms aanbied en daar was nét een manier om dié besonderse mylpaal te vier… met ’n allemintige opskop.

Foto’s Piet van Wyk en Ingrid Swart

Vanjaar se Ry & Sleep Bull Run was een vir die boeke. In Oktober 2021 is die tiende – en grootste een tot nog toe – op Vanwyksvlei aangebied.

Nagenoeg 150 spanne en 750 siele het op dié dorpie saamgetrek om met hulle rygoed te spog en op die plaaspaaie en die immergewilde pan te wys wat in hulle steek. (Voertuie moet ouer wees as ’n 1985-model en minder as R30 000 kos.)

Soos altyd sou dit nie moontlik gewees het om só ’n suksesvolle byeenkoms aan te bied sonder hulp en borge nie. Ons opregte dank aan Gerrie van Eeden, Thys de Jager en die 45 baanbeamptes wat elke jaar grootliks vrywillig kom help.

Ook aan Rudi Oberholzer en die reëlingskomitee op Vanwyksvlei wat ons elke jaar so gasvry huisves.

Hartlike dank ook aan Noord-Kaap-toerisme, Isuzu Suid-Afrika, Pro Auto Rubber, OzTrail, Signorama Pretoria-Noord, HFR Refrigeration & Transport en Tiger Wheel & Tyre 4x4 Fitment Centre.

Volgende jaar maak ons weer so!