Weg se rubriekskrywer en voëlghoeroe Faansie Peacock het pas ’n slimfoon-app genaamd Firefinch bekend gestel.
Soos jy kan raai, het dit alles met voëls te make, en is propvol inligting vir gesoute voëlkykers sowel as kuikens.
Die illustrasies (Faansie se eie tekenwerk!) is uitstekend, die app se navigasie is maklik en klankgrepe van voëlroepe tesame met kaarte, seisoenale verspreiding, prettige feite en nog soveel ander dinge maak dat Firefinch al is wat jy nodig het om voëlspesies in Suider-Afrika na te slaan.