Die nuutste Weg Stapgids is nou op die rak!

akkreditasie
Die grense bly toe en die geld skraps. Waarheen en hoe kan ons nog deesdae reis? Die antwoord is: Net hiér en te voet.

Die derde Weg Stapgids is propvol inligting oor ons land se mooiste streke wat jy op staproetes kan verken.

Dit bevat artikels oor ’n paar groot kokkedore, soos die Walvis-roete, die Fanie Botha en die Drakensbergse Dwarsklim.

Daar’s ook stories oor unieke roetes op plase in die Groot-Karoo, die Kamdeboo en Tulbagh-vallei wat jou ’n eerstehandse ervaring van ’n distrik en sy mense gee.

Ons gesels met gesoute stappers, vra kenners se raad oor toerusting en beproef gedehidreerde en gevriesdroogde stapkos om te proe of die kool die sous werd is!

Vir stappers wat ’n skeut avontuur soek, is daar ’n afdeling oor wilde plekke soos die Wolkberg, Hluhluwe-iMfolozi en Towerkop. Die uitgawe spog ook met Weg-lesers se mooi foto’s van dagstaproetes reg oor die land wat jy gerus op jou toonklap-lysie kan skryf.

Dié gids bied iets vir almal. Kry die boek, knoop jou veters en gaan op daardie eerste stap!