book-icon Uitgawe Oktober 2018

Die ‘trane’ die rol...

akkreditasie
Die teardrop-waentjie
Die teardrop-waentjie

Ná vier weke en 7 000 km het Chris, ’n lugvaartontwerper van beroep, besluit om sy hand aan ’n nuwe uitdaging te slaan. Road-Tripper Adventure Trailers het die lig gesien, en vandag bou dié vervaardiger vier verskillende weergawes van die immergewilde teardrop-ontwerp.

Die vier modelle wissel van ’n tipiese teardrop-waentjie tot ’n wa wat jy agter jou veldryer kan haak om die boendoes in te vaar. Die reeks se pryse wissel tussen R57 000 tot R75 000, en buiten die grootste model, die XL Limited Edition wat 60 cm langer is as die res, gebruik Chris dieselfde onderstel.

Die S-model is 2,4 m lank, het ’n deur aan weerskante en die tipiese teardrop-kombuis agter. Die romp vir al die modelle word uit laaghout gebou en afgewerk met Chromadek, ’n soort plaat wat spesiaal gegalvaniseer en geverf word.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan