Santa Heunis van Nigel skryf Ek was in April 2022 in die Kgalagadi-oorgrenspark en het ’n trop van sowat nege leeuwyfies tussen Kij-Kij en Kieliekrankie teëgekom. Hulle het ligte kolle op hulle pense en bene gehad.
Die ander leeus in die park het nie kolle nie. Is hierdie ’n ander soort leeuspesie?
Die wildlewekenner L.D. van Essen antwoord Daar is tans net twee erkende leeuspesies in die wêreld: die Afrika-leeu (Panthera leo) en ’n subspesie, die Asiatiese leeu (Panthera leo persica).