Leon Venter van Kimberley skryf Ons het hierdie trop kameelperde in die Mokala- nasionale park in die Noord-Kaap gesien. ’n Paar van hulle het los velle gehad. Is dit een of ander voedingstekort as gevolg van die lang droogte?
Die wildlewekenner L.D. van Essen antwoord Dis moeilik om ’n besliste antwoord op hierdie vraag te gee. Indien die leser die kameelperde oor ’n langer tydperk afgeneem het, sou ’n mens kon sien of die velvoue van grootte en/of posisie verander en die verskynsel makliker kon verklaar.
Die drie kameelperde – ’n bul en twee koeie – is volwasse diere en dit is dus nie ’n geval van ’n jong dier wat nog sy vel moet volgroei nie.