
Hierdie skou bring jou so na aan die natuur dat jy kan hoor hoe die leeus brul en die visarend roep en die vleisie wat oor ’n bosveldvuur gebraai is kan ruik en proe.
Vakansiebestemmings word aan jou voorgelê – en jy kan vakansies hier bespreek, teen eksklusiewe skou-pryse.
Pretoria FM saai regstreeks van die skou af uit en besoekers kry die geleentheid om die aanbieders te ontmoet.
Maak seker jy maak ’n draai by Weg/Go en Weg Ry & Sleep/Go Drive and Camp se stalletjie – hier kan jy oulike produkte koop, inteken op die tydskrifte en die span ontmoet.
Waar?
Gallagher-konferensiesentrum, Midrand, Johannesburg
Wanneer?
Vrydag 22 Februarie: 9 vm.-6 nm.
Saterdag 23 Februarie: 8 vm.-5 nm.
Sondag 24 Februarie: 8 vm.-4 nm.
Kaartjies beskikbaar by die hek of by *webtickets.co.za
Koste:
R100 per volwassene, R60 vir studente en pensioentrekkers, gratis vir kinders onder 12.
R20 vir veilige parkering.