Verbeter jou kanse op een van die Sanparke-ereveldwagters se gewilde voëlkyknaweke. Jy daag net op (met jou verkyker) en ry twee keer per dag saam met van die Kruger se ou hande wat help om die voëls te soek en uit te ken.
Julle ry sover moontlik op paaie waar die publiek nie gewoonlik kan kom nie. Dit is die 21ste jaar dat dié naweke aangebied word en die geld gaan vir bewaringsprojekte.
Wanneer? 25-27 Januarie 2019, 1-3, 8-10 en 22-24 Februarie 2019