Die volksvreemde stilering saai verdeeldheid onder die publiek: Aan die een kant is daar die Tesla-juigkommando wat gaande is oor sy voorkoms, en aan die ander kant die kritici wat die neus optrek.
Vir ons lyk dit asof Tesla se baas, Elon Musk, die ontwerp van die Cybertruck aan ’n driejarige met vetkryte en ’n liniaal oorgelaat het.
Binnelangs is daar géén knoppies op die instrumentepaneel nie en álles word vervang deur ’n enkele raakskerm wat – heel demokraties – halfpad tussen die bestuurder en voorste passasier geplaas is.