book-icon Uitgawe April-Mei 2022

Grenadier sterk op pad na SA

akkreditasie

Drie prototipes is vroeër vanjaar na Kaapstad gebring en Ry & Sleep kon hom van nader bekyk. Die voertuie herinner inderdaad sterk aan die ou Land Rover Defender en spog met hoërgraad-onderdele deur onder andere Magna Steyr, ZF Friedrichshafen, Carraro en Bosch.

Wat enjins betref, is daar twee keuses: ’n 3 l-petrol en 3 l-diesel, albei van BMW. Hoewel dit te vroeg is om ons ry- indruk hier te deel – die voertuie was vroeë prototipes – kan ons bevestig die binneruim is heelwat groter as dié van die ou Defender.

Alle knoppies en skakelaars is waterdig en modderbestand sodat jy letterlik die binneruim met ’n tuinslang kan skoonspuit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan