
Capozzola, ’n Amerikaner, is die algehele wenner van vanjaar se kompetisie. Sy is die eerste vrou wat die titel wen met haar foto van swartvinhaaie naby ’n eilandjie genaamd Moorea in Frans-Polinesië. “Frans-Polinesië is ernstig oor die bewaring van haaie en my gunstelingplek om haaie af te neem... dit het ’n paar sonsondergange geneem voordat ek hierdie foto in die kalm waters kon neem.”
Meer as 4 500 foto’s inskrywings uit 68 lande is vir 2021 se kompetisie, wat in Brittanje sy oorsprong het, ontvang. Hierdie jaar se inskrywings het nie teleurgestel nie met foto’s van skeepswrakke, paddas wat in poele water baljaar, haaie, robbe en duikers wat die diep waters verken. Daar is ook foto’s wat die impak van besoedeling en oorbevolking van mense op die natuurlewe uitbeeld.
Mark Kirkland van Glasgow, Skotland, is as die Britse wenner van die kompetisie aangewys. Mark se foto While you were sleeping is vroeg in Maart verlede jaar naby sy huis geneem. “Hierdie klein modderpoel is ’n onwaarskynlike wegkruipplek vir wildlewe. Dis tussen huise, ’n winkel en ’n fabriek, maar vir ’n paar aande in die jaar, terwyl die stad slaap, baljaar paddas daarin.” Dit het hom 25 uur en 4 wintersaande geneem om die foto te neem terwyl hy stil in die water gelê en wag het vir die regte oomblik.
Karim Iliya, ook van Amerika, se foto Crowded Island het die kategorie Oseaanbewaring gewen. Dié kategorie is die enigste wat voorsiening maak vir foto’s bo die watervlak en dié spesifieke lugfoto is geneem van ’n klein eiland in Panama en wys die impak van oorbevolking op die oseaan.
Ons kan ongelukkig nie al die foto’s plaas nie, maar hier is nog ’n paar uitsonderlike inskrywings.
Danny Lee van Australië het derde gekom met hierdie foto van ’n albatros in die afdeling opkomende fotograwe.
Dié foto van ’n grysrob deur Kirsty Andrews is derde in die kategorie wye lense. Die foto is in die Farne Islands, Northumberland, geneem.
In die afdeling vir swart-wit-foto’s het hierdie foto van Renato Romeo tweede plek behaal.
Ryohei Ito van Japan is eerste in die kategorie portrette.
Tobias Friedrich van Duitsland.