Hier’s die Weskus se kreefdatums

akkreditasie
Die amptelike datums van die 2016/2017-kreefseisoen aan die Weskus is bekend. Klik hier vir die datums, permitbesonderhede én ’n lekker resep!


Die departement van landbou, bosbou en visserye het die amptelike datums vir 2016/2017 Weskus-kreefseisoen bekendgemaak:


Dit is 21 dae tussen 26 November 2016 en 17 April 2017. 


Kry ’n permit vir die hele seisoen by jou naaste poskantoor.

Koste: R7 (vir die aansoek) + R87 (vir die permit) 


Maak seker jy ken die reëls…


• Jy moet ouer as 12 jaar wees om ’n permit te kry.
• Geen kreef wat uitgehaal word mag verkoop word nie.
• Jy mag slegs tussen 8 vm. en 4 nm. kreef uithaal.
• Jy mag nie meer as 4 krewe per dag uithaal nie. 
• Krewe wat eiers dra, moet dadelik teruggesit word.
• Die kreef moet ’n doplengte van minstens 80mm hê (doplengte word van die kop tot by die begin van die stert gemeet)
• Jy mag nie meer as 20 krewe per dag in ’n voertuig of vaartuig vervoer nie. 


Oukei, ek het dit. Wanneer mag ek uithaal?


• 26 November 2016 tot 27 November 2016
• 10 Desember 2016 tot 11 Desember 2016
• 16 Desember 2016 tot 18 Desember 2016
• 24 Desember 2016 tot 27 Desember 2016
• 31 Desember 2016 tot 2 Januarie 2017
• 7 Januarie 2017 tot 8 Januarie 2017
• 14 Januarie 2017 tot 15 Januarie 2017
• 15 April 2017 tot 17 April 2017


Wat van die Ooskus?


Die uithaalseisoen vir Ooskus-kreef is tans gesluit. Tussen 1 November en die laaste dag van Februarie mag daar geen kreef uitgehaal word nie. Wanneer die seisoen wel oop is, geld dieselfde reëls as vir die Weskus-kreef, behalwe dat jy tot 8 op ’n dag mag uithaal en die minimum doplengte 65 mm is.



Hier’s solank ’n lusmakerresep: Kreef met gegeurde botter (hooffoto)