Dinokeng, die enigste Groot Vyf-reservaat in Gauteng, het nóg ’n kampplek bygekry.
Devon en Sherri Symons het op hulle grond van 42 ha vyf staanplekke in die bos ingerig en dit genoem na hulle seuns, Kyran en Leuan.
Wat die Kyleu-boskamp besonders maak, is dat nóg die staanplekke nóg die kampplek omhein is. Hier kan jy jou maklik verbeel jy sit in die Okavango waar die wilde diere – ook leeus – enige tyd deur jou staanplek kan loop.