As jy kinders het, is die dae toe jy ’n plekkie vir twee in ’n romantiese en afgeleë bestemming in die middel van nêrens bespreek, lankal verby. Die kans is goed jou fokus het verskuif na gesinsvriendelike opsies oor spesifieke tye van die jaar om vir die kinders voorsiening te maak.
Ons het ons Facebook-vriende gevra hoe hulle maak om die wintervakansie in die kampterrein deur te bring saam met die kleinspan.
Ons het net een kind (6) en pak inkleurboeke, speelgoed en haar draagbare DVD-speler in. Daarsonder sal die pad hopeloos te lank wees. – Leandri Hamman