book-icon Uitgawe Maart 2019

Hoefer mik Witbank toe

akkreditasie
CG Caravans in Witbank is nou die plaaslike
handelaarskap.
CG Caravans in Witbank is nou die plaaslike handelaarskap.

Charles Hoefer, die groep se uitvoerende hoof, sê sy waens gaan vir die afsienbare toekoms net beskikbaar wees by dié handelaarskap, waar Michael Hammond en Neil Volschenk aan die stuur staan. Michael en Neil is die afgelope jaar al besig om saam met Charles ’n hiperluukse wa – die Azzero Premium All Terrain-woonwa – te ontwerp.

Die Azzero, wat ewe tuis sal wees op teer- én grondpad, is van die langer waens op die mark en is 7,57 m lank, 2,4 m breed en 2,6 m hoog. Die beoogde tarragewig is 1 200 kg, wat volgens Charles twee yskaste (193 l en 93 l), lugreëling, ’n noodwiel en tent insluit.

Dit klink dalk vergesog, maar Charles sê die geheim lê in die materiale wat gebruik word vir die romp en die onderstel. Die onderstel bestaan uit ’n unieke vliegtuigaluminium wat 8 mm dik is. Die vloer vorm ’n eenheid met die onderstel en is self 80 mm dik. Dié bestaan uit ’n spesiale materiaal waaroor Charles nie wil uitwei nie, maar dit is so sterk soos veselglas van 14-16 mm.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan