book-icon Uitgawe Oktober-November 2020

Infanta se winkel kant en klaar

akkreditasie

Jurie Swart, eienaar van Infanta, sê die 8 ha grond waar die gebou van 3 000 m² staan, is aanvanklik as landbougrond geoormerk. Die vervaardiger moes dus aansoek doen om hersonering vir die woonwa-aanleg en die vertoonlokaal om die onderneming volwaardig te bedryf.

Infanta is sowat 20 jaar gelede deur Jurie se pa, JW, begin. Jurie het sy landboukontrakteursonderneming vyf jaar gelede verkoop, sy pa se onderneming oorgeneem en dadelik aan die werk gespring met Infanta se eerste boswoonwa, die Enkulu.

Vandag kan jy tussen twee modelle, die Enkulu 1 en Enkulu 2, kies, en Jurie het pas ook sy heel nuutste produk, die Ingane-boswa, bekend gestel. Buiten die Inkunzi-abbawa, gaan Infanta middel Oktober ook twee nuwe ingevoerde Black Series-boswoonwamodelle bekend stel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan