Volgens Surina was 2020 ’n uitdagende jaar, maar hulle het ’n toename onder ouer mense gesien wat veral in die Duo-model belang stel. (Die Duo is vir twee mense; die Quattro vir vier.)
Dan-Pierre Louw, eienaar van die Invader-fabriek, sê hulle het as maatstaf gebruik diens, terugvoer van klante, en eenhede verkoop. Ondanks die Covid-19-pandemie het Invader se verkope vergeleke met die vorige jaar dieselfde gebly, maar produksie – net soos al die ander woonwavervaardigers – is wel in die wiele gery.
Invader het verder ook ’n handelaar in Namibië aangestel – sy eerste oorgrenswinkel. Voortaan kan jy jou nuwe Duo- of Quattro-model by HVR Auto op Swakopmund aanskaf.