Dis ’n gratis toepassing wat deur die fotograaf en veldblomentoesias Marietjie Smit en die ontwerper Jeanette Vierbergen ontwikkel is.
Met die webwerf clanflora.co.za (jy kan die app aflaai en later sonder internetontvangs gebruik) kan ’n mens blomme volgens kleur, vorm, grootte, streek en spesie uitskakel totdat jy die ene by jou voete sien.
Op die oomblik bestaan die app se databasis uit spesies wat aan die Weskus, in die Sederberg, rondom Nieuwoudtville en in Namakwaland voorkom.