Koelte vir die hele gesin

akkreditasie
GEBORG: Somer is vir prettige dae op die strand of kampvakansies – en ’n vuurwarm son! ’n Sonnige dag in die buitelug kan vinnig ontaard in ’n sonbrand nagmerrie, beskerm dus jou gesin met die nuwe Camp Master opslaan-sonskerms.

Ná ’n lang jaar kan ons uiteindelik op vakansie gaan, en of jy nou oppad is kus toe of na die binneland, somer beteken lekker lang, warm dae. Maar dis ook die tyd van die jaar wat dit vuurwarm word – en ernstige sonbrand kan sommer vinnig ’n demper op jou vakansie plaas.

Maak dus seker jy beskerm jou en jou gesin se vel met die nuwe Camp Master opslaan-sonskerms wanneer jy die buitelug geniet.  Om lekker koelte te hê beteken ook jy kan selfs langer buite bly – ’n bonus!  

Elke sonskerm kom met twee aluminiumpale, penne en hegstukke, sowel as ’n sandgraaf. Dis maklik om op te slaan en sal verseker jy het sommer in ’n japtrap ’n lekker koeltehawe.   

Camp Master sonskerms is in twee kleure beskikbaar – lig- en en donkerblou – en twee groottes: 

  • Klein – 225 (L) x 210 (W) x 175 (H) cm
  • Groot – 300 (L) x 300 (W) x 225(H) cm

Die kleintjie verkoop teen R899 en die grote vir R1 299.

Camp Master sonskerms is nou beskikbaar by Builders, Game en Makro, in die winkels sowel as aanlyn. Kry joune vandag nog!