Die ding wat ons dié tyd van die jaar kinderlik opgewonde maak, is die Kamp-en-bestemmingskou (voorheen bekend as die Beeld-vakansieskou) wat die laaste naweek van die maand, dus 22-24 Februarie, by Gallagher Estate in Midrand gehou word.
Dit is die kampbedryf se kans om te spog en dit wil lyk asof vanjaar se skou een van die grootste verskeidenheid nuwe waens tot nog toe gaan hê. Dit is baie opwindend en op ons nuusblaaie gee ons jou ’n voorsmaak van ’n klompie nuwe modelle wat jy by die skou van nader gaan bekyk.
Weg Ry & Sleep is ook weer by die skou. Ons is op dieselfde plek as altyd, reg by die ingang. Kom loer dus in en sê dag. Dit sal lekker wees om jou te ontmoet.