’n Boom vir jou geboortedag
Teen dié tyd het oupa Jan al genoeg sokkies en klein Janneman is een Lego-stel weg van ’n bedorwe brokkie. Die nieregeringsorganisasie GreenPop bied ’n vars oplossing: Pleks van ’n stel sakdoeke of slaailepels kan jy vir ’n geliefde ’n boom borg op hulle spesiale dag.
Daar is tans twee plekke waar jy vir hulle ’n boom (teen R120) kan laat plant: Die Platboswoud-reservaat naby Gansbaai in die Wes-Kaap of Sons of Thunder, ’n gemeenskapsboerdery in Livingstone, Zambië.