Stylvol gestewel
Liz Payne en Cally van Blerk, twee entrepreneurs van Durban, wou ’n tikkie styl aan buiteleweklere gee.
Hulle onderneming, Silver Lining Gumboots, wat in 2019 by die Splashy Fen-musiekfees op Underberg die lig gesien het, is nou tot sover as Nieu-Seeland bekend. Dié omgewingsvriendelike waterstewels (vanaf R329 ’n paar) is nie die uhm, onooglike, soort wat jy by die koöperasie koop nie.