Die Cape Leopard Trust (CLT) vra nou lede van die publiek om te help om data oor dié subspesie in te samel. Enigeen kan help: registreer op app.capeleopard.org.za.
Nou kan jy as ’n “burgerlike wetenskaplike” enige tekens van ’n luiperd op die CLT se webwerf aanteken. Alle inligting word waardeer – van ’n luiperd in lewende lywe sien of ’n karkas vind wat jy dink ’n luiperd se vangs was tot ’n strikkamera wat ’n kolkat op jou plaas afgeneem het.
Ook spore, mis, krapmerke teen ’n boom, of ’n strik wat vir luiperds gestel is. Laai foto’s van jou waarnemings saam met die ligging en datum op die webwerf. Die CLT verwelkom inligting wat selfs so ver as 2010 terugdateer.