Die Pilanesberg-wildreservaat in Noordwes is ’n goeie plek om veral witrenosters te sien...
Die Weg-joernalis Toast Coetzer was ’n paar jaar gelede daar.
“Ek het vir ’n dag rondgery saam met gids Johan Theunissen en fotograaf Jacques Barlow,” sê Toast.
“Ons groot missie vir die dag was om luiperds te soek, en teen 10-uur die oggend het ons klaar twee opgespoor. Teen laatmiddag het ons hierdie renosters gesien wat mekaar bietjie karnuffel het. Kyk net hoe vat Dawid vir Goliat aan!”