In die video word bevestig dat daar vyf enjinkeuses is: drie 2 l-viersilinder-turbodiesels wat tussen 110 kW en 154 kW opwek, ’n 3 l-V6-turbodiesel (177-184 kW), en die 2,3 l-viersilinder-turbopetrol (222 kW).
Volkswagen sê dit nie prontuit nie, maar ons weet nou al dié enjins is van Ford. Net soos in die nuwe Ford Rangers word die enjins wat meer as 154 kW lewer, gekoppel aan ’n 10 spoed- outomatiese ratkas.
Wat die aandrywingstelsel betref, kan jy kies tussen agterwielaandrywing, deeltydse viertrek en permanente viertrek.