Deel

Lekkerste kampnageregte

akkreditasie
Foto: verskaf
Foto: verskaf
GEBORG: Pak First Choice Power Cup en First Choice Vanilla Custard op jou volgende kampvakansie in – dis die perfekte versnaperings wanneer jy iets soets ná ete soek.

Somervakansies en soet bederwe is sinoniem. Dus is ’n voedsame soet versnapering wat jy nie hoef koud te hou nie perfek om saam te vat en te geniet.

Kies dus First Choice Power Cup en hul vanieljegegeurde vla vir jou volgende gesinsvakansie.

Vla en dromerige wegbreke

First Choice Custard is heerlik oor enige nagereg, warm of koud, en jy kan dit sommerso op sy eie as versnapering geniet. Dié vla van First Choice word gemaak van 85% volroommelk, wat dit ’n fluweelagtige, romerige tekstuur gee. Bederf jouself en jou medekampeerders met hierdie heerlike vanieljegegeurde happie perfek vir enige geleentheid – dit sal gou een van jou gesin se gunstelinge word.

Die vla, wat teen ultrahoë temperature geprosesseer word, bevat net natuurlike kleurmiddels, en geen preserveermiddels, MNG of tartrasien is gebruik nie. Dis beskikbaar in ’n reeks gerieflike verpakkings, so jy kan die manier kies hoe jy dié vanieljegegeurde lekkerny geniet.

First Choice

Kies jou gunstelinggeur

First Choice Power Cup is te kry in vyf opwindende geure: aarbei, aarbei en piesang, grenadella, Cream Soda en klapper. Dis gerieflik en smaaklik en kan net so van die rak, verkoel of gevries geniet word!

Power Cup het ’n raklewe van tot ses maande indien dit nie oopgemaak word nie en is met hitte behandel vir ’n langer stabiele raklewe, dus is dit ideaal vir ’n langpad-vakansie, staptogte, wegkruipplekke in die bosveld en see-uitstappies wanneer toestelle soos yskaste nie altyd beskikbaar is nie.

Maak daarom vandag nog First Choice jou eerste keuse.

Klik hier om die reeks te besigtig.