book-icon Uitgawe Julie 2018

Leser vertel: Eselbank? Bring my ou Chico...

akkreditasie

Ons durf ’n lang grondpadroete van die Vrystaat af Kaap toe aan. Ons ry met my Isuzu KB250 4x2-bakkie, en die eerste deel loop oor Kimberley, Prieska en Copperton, waar die grondpad begin – oor Brandvlei, Van Wyksvlei en Loeriesfontein.

Die pad is só mooi ek haal byna 120 km/h. Ons slaap oor aan die voet van die Pakhuispas anderkant Clanwilliam in die Sederberg. Die volgende dag daal ons tot by Wupperthal en oorweeg die Eselbankpas volgende.

Soos wat ons al gelees het, het jy ’n 4x4 nodig; of ten minste ’n ewenaarslot. As ons iewers nie kan verder nie, draai ons om, besluit ons. My vrou, Tertia, hou ’n groot klip op haar skoot gereed sodat sy kan uitspring en dit agter die wiel sit as ons begin gly.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan