Charmaine Blyth van Howick skryf My man, Mike, is ’n ywerige kampeerder, maar ek nie soseer nie.
Ek het nietemin probeer, en toe ons kinders, Andrew en Amy, twee en vier jaar oud was, het ons ’n agtmantent gekoop saam met al die ander nodige kamptoerusting.
Dit was wonderlik, maar die opslaan het ons huwelik en geduld beproef. Kort voor lank het ons die tent verkoop.