Mariëtte Hartley van eMalahleni skryf Toast Coetzer se interessante artikel oor die skrywer en kunstenaar Clive Walker in Weg #197 het my en my man, Llewellyn, se belangstelling geprikkel.
Die Waterberg lê ons baie na aan die hart en ons het onlangs by die Waterberg Living Museum naby Vaalwater gaan inloer.
Ons ervaring was baie positief; ons is vriendelik ontvang en die toergids het ons kennis van die gebied met groot entoesiasme verbreed.