Pierre Rossouw van Bellville skryf Ek en ’n vriend, Johann Jooste, was in Februarie 2022 vir 12 dae in die Kgalagadi-oorgrenspark. Ons het een oggend suid van die Nossob-ruskamp gery en naby die Dikbaardskolk-watergat stilgehou om foto’s van hierdie geelslang te neem.
’n Klein bergskilpad het die pad oorgesteek en die geelslang het dadelik nadergeseil.
Die slang het ná vele probeerslae die skilpad in sy bek opgetel en met sy vangs in die veld verdwyn.