Henry Terblanche van Assagay, Durban, skryf Ons het ’n lieflike waterval sommer naby ons huis ontdek, en net weer besef ’n mens hoef nie altyd ’n ewigheid te reis om by ’n mooi bestemming uit te kom nie.
As jy met die N3 uit Durban ry en die Shongweni-afrit neem, gaan jy in die rigting van die Shongweni-plaasmark.
Ongeveer 5 km verder staan ’n verbleikte bord vir die Delville Wood-treinstasie. Draai hier in en hou op die grondpad verby die ou verlate stasie tot by ’n treintonnel. (Terloops, ek het ’n besonderse belangstelling in tonnels, want ek het al self ’n paar treintonnels oopgeskiet in my lewe.)