Riaan Hammond van Hartenbos skryf Ek en my vrou, Dawn, het in die Berg-en-Dal-ruskamp in die Krugerwildtuin gebly en hierdie luiperd en sy vangs in die omgewing gesien.
Ons het ’n GPS-merker op ons fone gesit en elke dag gaan kyk wat daar aangaan.
Die boom was omtrent 300 m van die H3-pad af en my Tamron 70-300 mm-zoemlens het gesukkel – die foto is nie skerp nie maar tog interessant!