Charmaine Blyth van Lidgetton skryf Ons het van ’n afgeleë plaas getrek na ’n gebied waar ons bure baie nader is. Hoewel die geselskap lekker is, moet ons gewoond raak aan blaffende honde en harde musiek.
My man, Mike, het ’n Land Rover-kampwa uit die 70’s gekoop sodat ons elders rus en vrede kan gaan soek wanneer nodig.
Dis nie die vinnigste, mooiste of mees moderne voertuig nie, maar dis perfek vir ons en ons kan binne vyf minute kamp opslaan.