Leon Venter van Kimberley skryf Ek en my vrou, Kotie, het in Maart 2021 die noorde van KwaZulu-Natal besoek.
Ons het twee weke lank in die St. Lucia-deel van die iSimangaliso-vleilandpark “leeggelê” en het elke paadjie gery en elke uitkykpunt en dam besoek.
Hierdie kuifkopvisvanger het sy opwagting by die kuMfazanapan naby die St. Lucia-hek gemaak.